Tuesday, 5 October 2010

Augustus vakansie 2010 - foto's van die huis...

Hier is 'n paar foto'tjies van ons kuiertjie in NAM/SA in Augustus 2010. Die heimweƫ en verlange slaan jou nogal as mens weer so na al die foto's kyk. Baie dankie aan julle wat so baie opoffer en dit vir ons soooooo! spesiaal maak as ons kom kuier. Weet dat ons dit elke keer BAIE waardeer en dat ons julle baie mis...

















































Ons eerste kamp met die Cruiser...

Ons eerste kamp met die Cruiser en ons nuwe tent. Het sommer net die klomp kamp goed in die Cruiser ingegooi (het mos nou nie 'n te kort aan pak plek nie...) en die pad ooswaards noord van die Teems rivier gevat. Het vir ons die lekkerste skaap-tjoppies en rooiwyn gekoop en behoorlik lekker gesmul... Hoe geseƫnd is ons darm nie om te besef hoe wonderlik en rustig ons Vader die natuur gemaak het nie...





SA Gemeente Dankfees '10 4x4
























Hier is 'n paar foto'tjies van die onlangse 4x4 "Modder bad" by die SA Gemeente Dankfees net so buite London... Alhoewel almal wat nie gemodifiseerde voertuie gehad het nie vasgesite het en 'recover' moes word, is ons meegedeel dat ons Cruiser darm die verste deur die modder gekom het as al die ander voertuie op daardie stadium... Hugo in sy Nissan Patrol het behoorlik vir ons vermaak verskaf...






















Sunday, 2 August 2009

Ferrari track day - Mithril Racing Goodwood UK


Dodge Viper


Goodwood Racetrack, Chichester, UK.




Lamborgini Diablo





Die Ferrari 348 wat ek gery het. Die son was hoog en die dak afgeslaan... Dankie Gideon & Channie vir die 'Activity' B-day pressie. Ek het dit baie geniet!




Die 2009 Ford Mustang - glo die nuwe Knightrider...


Austin Martin DB9 ... Ek is nie 'n sportmotor jappie nie, gee my eerder 'n Toyota 4x4 bakkie, maar eendag as ek die lotto wen...


Goodwood racetrack - Die pitlane...



Ferrari 360


Ferrari 360

Wednesday, 17 June 2009

Mighty Men Conference UK - Angus Bachan Jun '09


2000 Mans wat que vir kospakkies, die SA'ners braai natuurlik oral in die kamp...

Oom Angus Buchan aan die woord.

Joe Niemand het 'n paar liedjies gesing.